Condolences
Hallo Petrus.
So jammer vir jou verlies. As kind was dit altyd so lekker om by julle op die plot te kon kuier eknhet net goeie herinneringe van dit en natuurlik julle Duitse Herderskond, ek kan nie sy naam onthou nie. Ek sal meisie altyd onthou dat sy so talentvol was toe sy drama gedoen het. Haar opvoering op Helena en Martin se troue. Meisie was spesiaal gewees. Sy was ook baie kreatief gewees. Dankie dat jy haar man was. Baie simpatie vir jou verlies. Sy het altyd so n mooi glimlag gehad. Ek dink aan jou en ek weet met die krag van ons Vader sal Hy jou hartseer verlig. Sterkte vir jou
Kosbaarste Petrus, my hart gaan uit na jou. Ons Hemelse Pa is baie lief vir jou.
Mag jy Vader se hand van voorsiening, Sy vrede en liefde ervaar in die jare wat voorlê.
Sal so graag jou weer wil sien.
Ons is baie lief vir jou en sal vir jou en Meisie nooit vergeet nie.
Ons bid jou krag toe en dat jy in oorwinning sal bly staan in ons Verlosser Jesus Christus.
Liefde
Jaco en Hestie
Copyright © Funeraltech 2019